Die hoofkragkabel wat krag voorsien aan vier gebiede in Krugersdorp-Wes is vanoggend vroeg vir die derde keer gesteel.
Die woonbuurte wat geraak word, is Wildtuinpark, Oatlands-hoewes, Agavia en Heritage Manor.
Die herstelkoste van die vorige diefstalle kos die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) reeds R580 000.
Die VF Plus het die munisipaliteit versoek om dringend veiligheidsmaatreëls te tref om infrastruktuur te beskerm.
Die party versoek ook inwoners om op hul hoede te wees en enige ongerymdhede dadelik by die plaaslike polisie aan te meld.
Die munisipaliteit se finansies is uitgeput en kan nie bekostig om kragkabels kort-kort te vervang nie.


