fbpx
Vryheidsfront Plus

Hofuitspraak oor Verkeerdevlei-brande is een van vele waarvan Masilonyana moontlik nie bewus is nie

Die suksesvolle aansoek vir skadevergoeding deur boere van die Verkeerdevlei-distrik teen die Masilonyana-plaaslike munisipaliteit is een van moontlik vele wat ʼn geweldige finansiële las op die munisipaliteit kan plaas.

Hoewel die VF Plus die uitspraak van die hooggeregshof verlede week ten gunste van die boere en die gevolglike hofbevel van skadevergoeding ter waarde van sowat R11 miljoen verwelkom, kon dit voorkom gewees het indien die munisipaliteit basiese elektriese-veiligheidsprosedures gevolg het.

Die Masilonyana-munisipaliteit is nou R18 miljoen armer aangesien die eise en regskostes betaal moet word.

Meer kommerwekkend is die feit dat die munisipaliteit se regsafdeling onlangs erken het hy is nie seker hoeveel eise tans teen die munisipaliteit ingestel is nie.

Volgens die munisipaliteit is ʼn swak liasseerstelsels die rede waarom die munisipaliteit nie weet by hoeveel siviele eise hy betrokke is nie.

Die munisipaliteit sou ʼn oudit oor uitstaande beslagleggingsbevele doen, maar die VF Plus se vrae in dié verband bly onbeantwoord. Die munisipaliteit se bestuurder van regsdienste is tans ook geskors.

Die VF Plus sal in die Vrystaatse wetgewer eis dat die munisipaliteit moet aandui hoeveel siviele eise daar teen die munisipaliteit is, wat die redes vir die eise is en watter finansiële impak dit op dienslewering sal hê.

Die ANC se wanbestuur het so hand uit geruk dat belastingbetalers moet pa staan vir die munisipaliteit se verlore inkomste met al die hofkostes wat betaal moet word.

Die munisipaliteit beskik reeds nie oor genoegsame fondse nie. Dit is net nog ʼn klap in die gesig van belastingbetalers wat algehele swak dienslewering moet verduur omdat die munisipaliteit groter probleme het om te hanteer.

Die inwoners van Masilonyana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.