Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hillshaven-sportsentrum: Gemeenskapsgeskenk vervalle ná net twee jaar

Die sportsentrum in Hillshaven, Westonaria, wat Gold Fields South Deep Gold Mine in 2023 opgeknap en in Januarie 2024 amptelik aan die Rand West City-plaaslike munisipaliteit oorhandig is, is binne twee jaar só vervalle dat dit nie meer bruikbaar is nie.

Die sentrum, wat ’n swembad, sokkerveld, gimnasium, basketbalbaan, tennisbane en klubhuis ingesluit het, is opgeknap as deel van die myn se maatskaplike- en arbeidsplan en gemeenskapsontwikkelingsverpligtinge.

Die doel was om ’n volhoubare sosio-ekonomiese gerief te skep en dit ’n lewendige spilpunt vir sport, ontspanning en jeugontwikkeling te maak.

Tydens ’n onlangse oorsigbesoek van die VF Plus, was die verval duidelik met plantegroei in die swembad, ‘n sokkerveld oortrek met onkruid en die meeste gimnasiumtoerusting weg – waarskynlik weens diefstal en ’n gebrek aan sekuriteit.

Wat eens ’n trotse bymekaarkomplek was, staan nou verlate en vervalle.

Die VF Plus het ’n brief geskryf aan die munisipale bestuurder, mnr. Elias Koloi, met indringende vrae oor waarom die sentrum nie onderhou of beveilig word nie.

Die party dring daarop aan dat die munisipaliteit fondse begroot om dit te herstel en weer bruikbaar te maak vir die gemeenskap.

Hierdie sentrum was ’n waardevolle geskenk van Gold Fields South Deep Gold Mine, met die duidelike verwagting dat die munisipaliteit dit verantwoordelik sou bestuur.

Die VF Plus sal sy oorsigrol vervul en aanhou druk toepas om te verseker dat inwoners die langtermynvoordeel van hierdie belegging geniet.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.