Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hessequa krabbel terug oor hervestiging van kleinboere ná druk van die VF Plus

Die VF Plus verwelkom die Hessequa-plaaslike munisipaliteit se besluit om die beplande hervestiging van kleinboere vanaf Mosselbaai na die Stilbaai-omgewing te laat vaar.

Hierdie koersverandering van die DA-beheerde munisipaliteit volg ná volgehoue druk van die VF Plus via mediaplatforms, openbare besware en nasionale blootstelling wat die onvolhoubaarheid van die projek uitgelig het.

Met ’n beslissende 16-10-stemmeverhouding tydens ʼn spesiale raadsvergadering, is die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se plan om boere op die plase Schoongeleё en Soebatters Vlakte te hervestig, effektiewelik gestuit.

Die ligging langs die R305, die enigste teerpad wat Stilbaai met die N2 verbind, sou ernstige verkeers- en Infrastruktuurprobleme veroorsaak het.

Die VF Plus-raadslid, mnr. Johannes Hartnick, het sy teenstem duidelik aangeteken, terwyl die DA-onderburgemeester, mnr. Gerald Boezak, erken het dat dit onaanvaarbaar is om probleme van ’n aangrensende munisipaliteit sonder deeglike beplanning op Hessequa af te skuif.

Hierdie standpunt sluit direk aan by die VF Plus se beginsel: Verantwoordelike grondhervorming is noodsaaklik, maar dit kan nie op ’n oorhaastige en ondeurdagte wyse geskied nie.

Grondhervorming moet plaasvind op ’n grondslag van deursigtigheid, deeglike studies, infrastruktuurbeplanning en konsultasie met betrokke gemeenskappe.

Die VF Plus wil dit beklemtoon dat die beskerming van bestaande landbougemeenskappe ’n prioriteit bly en dat gesonde verstand in hierdie geval geseëvier het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.