fbpx
Vryheidsfront Plus

Heropening van grondeise groot fout

Die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte dien tans voor die parlement. Daarvolgens sal grondeise vir vyf jaar heropen word. Die heropening van grondeise gaan groot onsekerheid in die landbousektor skep. Nuwe eise kan veroorsaak dat dit nog twintig jaar mag neem om al die nuwe eise af te handel. Politieke partye wat hierdie wetgewing steun benadeel kommersiële landbou en voedselsekerheid in Suid-Afrika.

Vanweë die moontlikheid van ’n grondeis, brei meeste boere op die oomblik nie hulle landboubedrywighede uit nie. Op hierdie tydstip het die Suid-Afrikaanse kommersiële landbousektor sekerheid oor die toekoms nodig om met nuwe beleggings en uitbreidings te verseker dat daar genoeg kos vir almal in die toekoms is.

Wat Suid-Afrika tans nodig het, is dat die landbougrond wat reeds aan nuwe swart boere oorgedra is, suksesvol kos moet produseer. Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Nege uit tien van die oordragte van grond het misluk volgens syfers wat minister Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, verskaf het. Ons kan nie bekostig dat nog vrugbare grond onproduktief raak nie terwyl die bevolking groei en daar daagliks meer voedsel nodig is nie.

Die oplossing vir voedselsekerheid lê in ’n ander rigting. Miljoene hektaar baie vrugbare landbougrond lê tans onbenut in die ou tuislande as kommunale grond. So ook groot hoeveelhede staatsgrond. ’n Belangrike prioriteit van die regering behoort te wees om ’n oplossing te soek oor hoe hierdie grond aan private swart boere oorgedra kan word. Waar 70% van alle Suid-Afrikaners binnekort in die stede gaan woon, is dit belangrik dat hierdie grond op ’n kommersiële basis kos begin produseer. Tans word dit hoofsaaklik vir bestaansboerdery gebruik.

Die VF Plus is die enigste party wat teen hierdie wetsontwerp wat voedselsekuriteit en die ekonomie bedreig sal stem.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.