fbpx
Vryheidsfront Plus

Gwen Ramakgopa moet verduidelik oor Balju se besoek aan Gauteng se departement van gesondheid

Die balju se besoek aan die Gauteng se departement van gesondheid se kantore in Johannesburg verlede Donderdag, het tot gevolg gehad dat daar beslag gelê is op vier vloere se tafels, stoele, rekenaars, liasseerkabinette, drukkers, yskaste, mikrogolwe en sitkamerstelle omrede die departement nie ‘n eis van R6.2 miljoen weens mediese nalatigheid kon betaal nie.

Dit spruit voort uit ‘n eis van nalatigheid nadat ‘n kind in Desember 2009 in die Pholosong-hospitaal breinskade tydens geboorte opgedoen het. Die hof het in Maart 2017 opdrag gegee dat die betrokke eis betaal moet word, maar die departement het nie die betaling gedoen nie. Die eiser se prokureurs het selfs ingestem dat die bedrag in paaiemente betaal kon word.

Die VF Plus se LPW in die Gautengse wetgewer, mnr. Philip van Staden, het in reaksie op die gebeure gesê dat die LUR vir Gesondheid in Gauteng, mev. Gwen Ramakgopa, sal moet verduidelik waarom die departement nie die eis betaal het nie, ten spyte van ‘n beslissing en opdrag van die hof. Die LUR sal ook oopkaarte met die publiek moet speel en ‘n verslag uitreik van hoeveel eise weens nalatigheid en die bedrae daarby betrokke, nog uitbetaal moet word. Die Esidimeni-slagting vroeër vanjaar gaan ook nog groot bedrae van die departement eis.

“Met die begroting vir 2017/18 boekjaar is ‘n bedrag van R40 miljard aan gesondheid toegestaan. Die VF Plus het toe reeds gewaarsku dat hierdie bedrae toegeken is, nie net om die dienste wat agterweë gebly het reg te ruk nie, maar ook om die ANC se beeld in Gauteng te probeer red oor die chaos wat in die departement heers.

“Die VF Plus is van mening dat die departement van gesondheid in Gauteng se toegekende begroting vir die 2017/18 boekjaar weereens gespandeer gaan word aan regseise en dat hospitale bitter min van hierdie geld gaan sien vir die aankoop van nuwe toerusting en medisyne.

“Die hospitale sukkel alreeds om voldoende medisyne aan die publiek te voorsien en pasiënte word gereeld weggewys omrede daar nie voldoende medisyne is om pasiënte te behandel nie. Kankerpasiënte moes verskeie kere hierdie jaar huiswaarts keer omrede daar nie chemoterapie was om hulle te behandel nie.”

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410
epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.