Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Govan Mbeki-munisipaliteit faal inwoners met onvolhoubare en onbefondsde begroting

Die VF Plus is bekommerd oor die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit se konsepbegroting vir die 2026/2027-finansiële jaar wat nie net administratief swak is nie, maar ook finansieel onvolhoubaar en onbefonds is.

Govan Mbeki leun swaar op onsekere toekennings, ‘n hoë verwagte invorderingskoers wat histories nooit realiseer nie en inkomstebronne wat eenvoudig nie bestaan nie. Dit is ’n resep vir verdere verval.

Belangrikste probleme in die konsepbegroting:

• Salarisse slurp sowat 80% van die begroting op, terwyl basiese dienslewering byna tot stilstand gekom het.
• Slegte skuld staan op sowat R3,9 miljard (65% van die totale skuld), terwyl die munisipaliteit reeds R6,7 miljard aan Eskom skuld sonder ’n geloofwaardige betalingsplan
• Daar is ’n gevaarlike afhanklikheid van eksterne toekennings wat nie gewaarborg is nie

Ten spyte van swak dienslewering word inwoners swaar getref deur tariefverhogings met elektrisiteit wat met 12,74% verhoog, hoër as die Nersa-goedgekeurde koers, water en sanitasie met 11% en vullisverwydering met 3,7%. Voorafbetaalde elektrisiteit is reeds sonder behoorlike konsultasie verhoog.

Die openbare deelnameproses was eweneens ’n fiasko. Kragonderbrekings het die sitting op 14 April ontwrig, terwyl swak bywoning op 23 April duidelik gewys het dat inwoners geen vertroue meer in die proses het nie.

Die VF Plus sal nie hierdie onbefondsde en onrealistiese begroting steun nie.

Die party eis ’n geloofwaardige, befondsde begroting wat prioriteit gee aan dienslewering eerder as ’n onvolhoubare salarisrekening en groeiende skuld.

Inwoners van Govan Mbeki verdien beter as ʼn ANC-beheerde munisipaliteit wat meer geld uitgee as wat dit realisties kan invorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.