fbpx
Vryheidsfront Plus

Gimnasiums, kerke en biblioteek stel op versoek van VF Plus geriewe beskikbaar aan inwoners van Pretoria-Oos

Op versoek van die VF Plus het sekere Virgin Active-gimnasiums, die Alkantrand-biblioteek en die Valleysig-kerk hul geriewe beskikbaar gestel aan inwoners van Pretoria-Oos wat kragloos gelaat is nadat ‘n brand by die Mooikloof-substasie op 1 Desember uitgebreek het.

Inwoners kan nou die plekke besoek om onder meer hul selfone te herlaai, kos voor te berei en van die stortgeriewe gebruik te maak.

Hierdie inisiatief van die VF Plus volg nadat die Tshwane-metroraad gewaarsku het dat die herstelwerk aan die substasie nog etlike dae gaan duur.

Inwoners kan nie gestraf word vir die swak instandhouding van kraginfrastruktuur nie en die VF Plus sal in die metroraad aandring dat meer geld beskikbaar gestel word vir die onderhoud en instandhouding van kritieke infrastruktuur.

Misdaad in die gebiede het ook sedert die kragonderbreking in toegeneem en die polisie en private sekuriteitsmaatskappye doen alles in hul vermoë om inwoners se veiligheid te verseker.

Inwoners kan van die volgende punte gebruik maak:

1. Virgin Active Menlyn: Serenestraat 241, Garsfontein, Menlyn.
2. Virgin Active Faerie Glen: Parkview Leefstylsentrum, hoek van Netcare- en Garsfonteinstraat, Pretoria.
3. Virgin Active Faerie Glen: Haymeadowstraat 2, Lakeside, Pretoria.
4. Virgin Active Hazeldean: Hoek van Silverlakes- en Grahamstraat, Tijgervallei uitbreiding 16, Hazeldean.
5. Valleysig-kerk: Tipperyweg 758, Faerie Glen, Pretoria: Gratis internet en koffie sal bedien word.
6. Alkantrand biblioteek: Lynburnstraat, Lynwood Manor, Pretoria: Gratis internet en werkstasie beskikbaar.

Inwoners wat van die gimnasiums se geriewe gebruik wil maak moet ‘n afskrif van hul ID-dokumente saamneem aangesien registrasie vereis word.

Navrae: 082 4930615

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.