Die VF Plus word oorval van klagtes van gewone begunstigdes van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat maandeliks voordele uit die fonds ontvang weens onder meer afleggings, kraamverlof, vaderskapsverlof, ens.
Die fonds verkeer onder geweldige druk weens die toename in eise vir die Covid-19-werkgewer-werknemer tydelike verligtingsfonds (TERS) wat in reaksie op die nasionale inperking ingestel is. Volgens die direkteur-generaal van die departement van arbeid is 37 772 eise teen 21 April verwerk en sowat R1,6 miljard uitbetaal aan TERS-begunstigdes en gewone WVF-begunstigdes ontvang soos altyd hul betalings deurlopend.
Dit blyk egter nie die geval op grondvlak te wees nie. Die departement het aangedui dat begunstigdes nie soos gewoonlik by arbeidsentrums hoef te gaan teken vir voortgesette betalings nie. Aanvanklik sou gewone begunstigdes sms-boodskappe ontvang wat in die plek van die handtekening sou dien, maar dit wil voorkom of hiervan ook afgesien is en dat betalings bloot gemaak word.
Vele begunstigdes het egter nie ‘n sms-boodskap of hul gewone betaling ontvang nie. Die instruksie van die departement van arbeid is dat ‘n navraag in so ‘n geval aan die onderstaande e-posadres vir die begunstigde se area gedoen word of dat die hulplyn geskakel word by 012 337 1997 of 0800 030 007. Verskeie begunstigdes se ondervinding is egter dat nie eposse of oproepe beantwoord word nie.
Die VF Plus versoek sodanige begunstigdes om onbeantwoorde e-posse aan die onderstaande e-posadresse wat vir ‘n week of langer onbeantwoord is na plus@vfplus.org.za te stuur sodat ons dit direk onder die departement van arbeid se aandag kan bring. Maak seker dat die epos die korrekte inligting en verwysingsnommers vervat.
Mailbox
Fax to email Number
Germiston.BCP@labour.gov.za
0864397295
Petermari.BCP@labour.gov.za
0864397296
EastLondon.BCP@labour.gov.za
0864397299
Capet.BCP@labour.gov.za
0864397300
George.BCP@labour.gov.za
0864397301
NorthWest.BCP@labour.gov.za
0864397302
Limpopo.BCP@labour.gov.za
0864397303
Mpumalanga.BCP@labour.gov.za
0864397304
Freestate.BCP@labour.gov.za
0864397305
Online.BCP@labour.gov.za
0864397306
Durban.BCP@labour.gov.za
Portelizabeth.BCP@labour.gov.za
0864397297
0864397298
NorthernCape.BCP@labour.gov.za
0864397309
Johannesburg.BCP@labour.gov.za
0864397294
Pretoria.BCP@labour.gov.za
0864397290
Kontaknommer: 072 997 8315