Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dawid Kruiper-munisipaliteit sny krag in Upington – VF Plus tree op

Die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit in Upington en omstreke het in stryd met Covid-19-inperkingsregulasies begin om krag by agterstallige rekeninghouers af te sny.

Die VF Plus het reeds die munisipale bestuurder daarop gewys dat dié optrede in verskeie opsigte onwettig is.

Volgens die inperkingsregulasies word skuldinvordering uitdruklik van noodsaaklike dienste uitgesluit. Verder is inwoners nie van die beplande optrede in kennis gestel nie. Selfs al was hulle, sou dit onwettig wees om die munisipale kantoor te besoek om die rekening te betwis.

Terwyl die VF Plus die plig van munisipaliteite erken om steeds hul inkomstebasis te beskerm, moet dit op 'n billike en wettige manier gedoen word.

Die munisipale bestuurder is daarop gewys dat, indien die optrede nie gestaak word nie, die VF Plus die saak met die departement van plaaslike regering sal opneem.

 

Kontaknommer: 083 357 3865

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.