fbpx
Vryheidsfront Plus

Gestremde mense word elke dag van die jaar uitgedaag, nie net gedurende bewusmakings maand nie

Mense met gestremdhede beleef elke dag van die jaar uitdagings en probleme, nie net gedurende die maand waarop die fokus op gestremdheid geplaas word nie.

Uit Suid-Afrika se bevolking van 62 miljoen (in 2022), is daar sowat 3,3 miljoen mense wat met die een of ander vorm van gestremdheid leef.

Pogings van regeringskant om dié mense se lot te vergemaklik is prysenswaardig, maar veel meer moet in alle sfere van regering en deur die private sektor gedoen word.

Bewusmakingsveldtogte is goed en moet daar wees, maar daar is veel meer ernstige uitdagings wat dringend aandag verg, soos die land se gesondheidstelsel.

Die swak gesondheidsorg in staatshospitale en -klinieke is welbekend en die uitdagings wat gestremdes in hierdie omgewing ervaar, is soveel feller, veral vir kinders.

Net so die regstelsel. Hoe toeganklik is dié stelsel vir mense met gestremdhede? Hoe ver strek die beskerming wat die regstelsel vir mense en veral kinders met gestremdhede bied wat hulle beskerm teen onder meer gewetenlose uitbuiting?

Talle maatskaplike werkers is werkloos terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder ʼn ongekende maatskaplike krisis. In die proses val gestremdes deur die krake, soos duidelik gesien is met die Life Esidimeni-aangeleentheid.

Die onderwysstelsel, van skole tot op tersiêre vlak, is grootliks gestremdheid-onvriendelik, selfs vir volwassenes. Onderrig is ʼn uiters belangrike bousteen vir onafhanklikheid en die huidige onderwysstelsel skiet in hierdie opsig ver tekort.

Sulke voorbeelde is talryk, en die oorhoofse boodskap daarvan is dat veldtogte en woorde alleen nie gaan help nie.

Die regering van nasionale eenheid (RNE) sal daadwerklik moet optree om mense met gestremdhede raak te sien, te beskerm en te bemagtig, elke dag van die jaar.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.