fbpx
Vryheidsfront Plus

Gesondheidsdepartement slaag nie in sy doel om gesondheidsorg in Limpopo te verbeter

Die sluiting van die kliniek op Modimolle (Nylstroom) is ‘n vingerwysing na die departemente van gesondheid en openbare werke wat nie daarin kan slaag om gesondheidsorg en -geriewe in die provinsie te verbeter nie.

Die kliniek is in die begin van die maand gesluit omdat dit volgens die departement van arbeid ‘n wesenlike gevaar vir personeel en pasiënte inhou.

Luidens die provinsiale gesondheiddepartement se eerste kwartaallikse verslag het 61 gesondheidsgeriewe opgehou om ‘n 24-uur-dienste te verskaf, hoofsaaklik weens misdadige aktiwiteite.

‘n Verdere 72 het opgehou funksioneer weens “uitputting” van personeel.

Die VF Plus gee om vir die veiligheid van personeel, maar ook vir die gesondheid van pasiënte wat in baie gevalle geen ander keuse het as om by hul plaaslike klinieke aan te klop vir hulp nie.

‘n Logiese oplossing is om sekuriteitswagte te plaas by al die klinieke wat geteiken word deur misdadigers.

Indien weggedoen word met al die wanadministrasie en onreëlmatige uitgawes, sal daar genoeg geld daarvoor beskikbaar wees.

Die departement moet die verkryging van ambulanse ook dringend bespoedig aangesien die huidige stadige reaksietyd van noodvoertuie tot lewensverlies kan lei.

Beide die departement se programme vir gesondheidwetenskapsopleiding en gesondheidsorgondersteuning het net 16% van hul begrotings bestee, maar die departement kla oor vakatures.

Die departement moet sy sokkies optrek en die vakante poste vul met goed opgeleide personeel om die druk op huidige personeel te verlig en gesondheidsorg te verbeter.

Die VF Plus is ook bekommerd oor kontrakte wat nie toegeken is vir die verskaffing van medikasie nie, veral chroniese medikasie.

Baie pasiënte soos pensioenarisse wat van ‘n maatskaplike toelaag afhanklik is, kan nie bekostig om medisyne in die private sektor aan te koop nie.

Die meeste van Limpopo se inwoners kan nie private mediesesorg bekostig nie en is afhanklik van openbare gesondheidsorg.

Die tyd het aangebreek om dié ANC-beheerde departement skoon te maak van kaderontplooiing en om die wanaanwending van belastingbetalersgeld te stop.

Limpopo verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.