fbpx
Vryheidsfront Plus

Gesondheidsdepartement in Limpopo gryp na grashalms om sy onvermoë te verbloem

Die haglike toestand van provinsiale hospitale in Limpopo is nie net weens beurtkrag nie, maar veral weens onbevoegdheid.

Die provinsiale departement van gesondheid dra nie inwoners se belange op die hart nie en gryp nou na grashalms om sy onvermoë te verbloem.

Dit is dringend noodsaaklik dat die ANC-beheerde departement die politieke wil toon om verantwoordelikheid vir die gesondheid van alle inwoners van Limpopo te aanvaar.

Daar moet volhoubare oplossings gevind word om te voorkom dat hospitale sonder krag en water sit.

Die geheelbeeld van die stand van hospitale in die provinsie is veel erger as wat inwoners besef.

Die vingerwysing na die impak van Eskom se beurtkrag, getuig van die departement se ongeërgdheid ten opsigte van die gevolge van wanbestuur.

Hospitale word die grond in bestuur tot nadeel van pasiënte. Die departement van gesondheid moet sy prioriteite nou ernstig heroorweeg.

Daar word geld begroot en bestee aan onder meer die digitalisering van pasiënte se lêers, maar dit is te betwyfel of dit enigsins ‘n verbetering van die ou handmatige stelsel sal meebring.

Die digitalisering van pasiëntlêers behoort nie op die oomblik prioriteit te geniet nie. Die verskaffing van betroubare krag en water is baie belangriker.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die departement plaas om sy prioriteite te heroorweeg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.