Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gemeenskap steun VF Plus-plan vir museum op Aberdeen

Die inwoners van Aberdeen in die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit het hul steun gegee aan ʼn voorstel van die VF Plus om ʼn historiese gebou op dié dorp in ʼn museum te omskep.

Die gebou is die ou dorpsbiblioteek. Dit is in ‘n stadium as verkeerskantore gebruik, maar staan nou in onbruik.

Die gebou het beduidende kulturele en historiese waarde en die omskakeling daarvan in ʼn museum is ʼn belangrike stap in die bewaring van Aberdeen se geskiedkundige erfenis.

Dit kan ook dien as ʼn opvoedkundige ruimte vir jongmense en besoekers.

Die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) vir die 2025/26-finansiële jaar lê sterk klem op gemeenskapsontwikkeling en historiese bewaring. Dit kan ʼn geleentheid bied vir die ontwikkeling van die museum in Aberdeen.

Die gebou het tans dringend herstelwerk nodig en daarom doen die VF Plus ʼn beroep op inwoners en ondernemings om te help daarmee.

Enige hulp met verf en ander boumateriale sal waardeer word.

Die VF Plus wil graag saam met inwoners werk om Aberdeen se ryk geskiedenis te bewaar en toerisme na die streek te bevorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.