Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geheimhouding oor ministers se prestasiebeoordeling wys president se minagting vir publiek

Dit is arrogant van die presidensie om te sê dat die prestasiebeoordeling van ministers niks met gewone Suid-Afrikaners te doen het nie en daarom nie bekend gemaak moet word nie.

Dit het tewens alles met die mense van Suid-Afrika te doen. Ministers is in die eerste plek openbare ampsbekleërs wat die kiesers verteenwoordig en die kiesers het daarom die reg om te weet hoe hulle presteer.

President Cyril Ramaphosa se besluit tot geheimhouding oor die prestasiebeoordelings wys sy minagting vir kiesers. Dit is ’n verdere bewys van ’n gebrek aan deursigtigheid van regeringskant oor ’n aangeleentheid wat die publiek direk raak.

Om die verskoning aan te voer dat opposisiepartye die geleentheid kry om in die parlement vrae aan ministers te stel en dat dit deursigtig genoeg is, is onaanvaarbaar.

Die VF Plus verwag van die president om die ministers se beoordelings bekend te maak aangesien hy onderneem het om dit te doen.

Hy verbreek nou hierdie belofte wat dit duidelik maak hy het iets om weg te steek oor die prestasie van ministers en dat hy bang is om op te tree teen sommige ministers omdat dit sy eie posisie in gedrang kan bring.

Die resultate van sommige departemente wys duidelik dat daar heelwat vrot ministers in die kabinet is. Die president verkeer in ’n staat van ontkenning hieroor.

Dit laat die kiesers van Suid-Afrika geen keuse as om aanstaande jaar by die stembus ontslae te raak van ’n president wat hulle so openlik minag nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.