Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen einde aan Mogalakwena se korrupsie-ellende nie

Met dienslewering wat by die dag agteruit gaan en finansiële wanbestuur aan die orde van die dag, wil dit voorkom of daar geen einde aan korrupsie by die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Potgietersrus) in sig is nie.

Dit kom nadat die burgemeester, mnr. Ngoako Taueatsoala, verlede Vrydag ʼn bedrag van R7 miljoen laat betaal het om te keer dat dié munisipaliteit se bates opgeveil word.

Die hooggeregshof in Polokwane het die bevel toegestaan aan ‘n diensverskaffer wat vir verskeie projekte aangestel is.

Die betaling van R7 miljoen is nie deur die munisipale raad goedgekeur soos wetgewing bepaal nie.

Dit is vir die party kommerwekkend dat ten spyte daarvan dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas is, korrupte optrede steeds voortgaan.

Die uiteindelike slagoffers is die belastingbetalers wat nie die dienste kry waarvoor hulle betaal nie.

Daar sal nou indringende ingryping moet plaasvind.

Inwoners van Potgietersrus verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.