Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Geen brandbestrydingmaatreëls hou gevaar in vir Brickvale-inwoners

Die afwesigheid van brandkrane by die Brickvale-hoëdigtheid behuisingskompleks buite Krugersdorp, is uiters gevaarlik en die Mogale City-plaaslike munisipaliteit moet dadelik toesien dat die nodige toerusting aangebring word.

ʼn Brandinspekteur van die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit het in Julie vanjaar die bouperseel waarop sowat 30 gesinne reeds woon, besoek. Hy het in ʼn verslag aangedui dat brandkrane 200 meter van mekaar aangebring moet word.

Omdat dit ʼn hoëdigtheidskompleks is waar uiteindelik 6 480 huise van 40m2 elk gebou sal word, kan ʼn brand verwoesting saai. ʼn Groot hoeveelheid huise nader voltooiing wat ʼn gevaar skep vir inwoners omdat grondverskuiwingsvoertuie oor die bouperseel rondbeweeg.

Die omstrede kompleks wat teen ʼn bedrag van R1 miljard gebou word, het reeds in 2018 begin.

Die VF Plus het toe reeds die Gautengse departement van behuising gevra waarom die grond, wat volgens Mogale City se waardasierol net R3 miljoen werd is, teen ʼn bedrag van R63 miljoen aangekoop is.

Omgewingsimpakstudies het aangedui dat ʼn groot gedeelte van die ontwikkeling op dolomietiese grond is en nie vir behuising geskik is nie.

Die party het ook meer as een keer die Gautengse regering hieroor gewaarsku. Geen openbare deelnameproses is gevolg nie.

Die VF Plus is nie teen behuisingsontwikkelings gekant nie, maar alle regulasies moet gevolg word om sodoende inwoners en die wat nog kom, se lewe en besittings te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.