Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gebarste waterpyp langs R42 pad laat inwoners van Nigel met droë krane

Groot dele van Nigel is sonder water nadat ʼn waterpyp Vrydagoggend vroeg langs die R42 (Nigel/Delmas-pad) gebars het.

Inwoners in die woonbuurte Pretoriusstad, Alrapark en Mackenzieville word hierdeur geraak.

Inwoners het die VF Plus gekontak waarna die party dit dadelik aangemeld en onder die aandag van die burgemeesterskomiteelid vir water, Thembi Msane, gebring het.

Weens die groot hoeveelhede water wat oor die pad en sypaadjie gespuit het, moes die pad aan beide kante afgesper word.

Die sypaadjie het ook meegegee weens die geweldige watervloei.

ʼn Groot gat met water is in die proses gevorm. Dié water moes eers uitgepomp word alvorens die herstelspan toegang tot die gebarste pyp kon verkry om die skade te evalueer.

Luidens ʼn kennisgewing van die metro behoort die watertoevoer teen 19:00 herstel te wees. Die tyd kan egter verander indien daar probleme met die herstelproses opduik.

Drie watertenkwaens is reeds ontplooi om die geraakte gebiede van water te voorsien.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die departement van paaie om so spoedig na die herstelwerk die beskadigde sypaadjie te herstel en die pad ook te inspekteer vir enige skade.

Ekurhuleni is berug daarvoor om maande te neem om stukkende infrastruktuur te herstel.

Die VF Plus sal die nodige druk toepas dat dit nie in hierdie geval gebeur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.