fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng-premier erken dat VF Plus se ingryping die probleem rondom Cradle of Hope-voedselprogram opgelos het

Die Gautengse premier, David Makhura, het vandag in sy repliek op die begrotingsdebat oor die premierskantoor erken dat dit die VF Plus is wat hom daarvan bewus gemaak het dat die nie-regeringsorganisasie, Cradle of Hope, verhinder is om voedselhulp aan behoeftiges te verskaf.

Adv Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW, het die premier bewus gemaak van dié krisis tydens ‘n premiersvergadering met leiers van politieke partye. Die premier het daarop persoonlik ingegryp sodat Cradle of Hope in Krugersdorp onbelemmerd kon voortgaan met sy voedselhulp-program.

Cradle of Hope het heelwat teenkanting van onder meer die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling en die polisie gekry om warm kos aan armes uit te deel.

Dit het begin gebeur binne die konteks van die direktief wat uitgereik is deur die waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Panyaza Lesufi, dat voedselhulp gesentraliseer moet word rondom die departement.

Die VF Plus het in reaksie die kwessie opgeneem op verskeie fronte. Amanda de Lange, LPW en hoofsweep in die Gauteng-wetgewer, het ook self met Lesufi hieroor geskakel.

 

Navrae: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.