Is dr. Mamphele Ramphele steeds gekant teen regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging, of gaan sy ‘n ommekeer maak en soomloos inval by die DA se beleid hieroor?
Op Agang se webwerf het Ramphele dit duidelik gestel dat SEB ‘n ‘misluking’ is en dat transformasie net ‘n ‘klein groepie politieke elite’ verryk.
“Die vraag moet nou gevra word of Ramphele as presidentskandidaat van die DA ‘n invloed op die party se beleid hieroor gaan hê en of sy dit klakkeloos gaan omarm.
“Dit is ook interessant dat sy sonder meer die pos as DA-presidentskandidaat aanvaar het nadat sy haar voorheen sterk teen die kiesstelsel uitgespreek het waar partye self kandidate op hul kieslyste kan plaas sonder enige sê van kiesers.
“Hieroor het sy verlede jaar aan die media gesê ‘…die stelsel wat behels dat parlementslede verkies word met lyste wat deur politieke partye opgestel word, gee disproporsionele mag aan die partye ten koste van gewone burgers…’.
“Dit is duidelik dat Ramphele bereid was om haar getroue ondersteuners te verraai ter wille van ‘n welklinkende postitel by die DA.
“Tot die naweek het sy hulle nog in die duister gehou deur vol te hou daar is geen sprake van samesmelting met ‘n ander party nie. Hieroor sal sy ook nog verantwoording moet doen,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403