Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Frankfort: Polisielid wat skape steel uiteindelik gevonnis

Die VF Plus verwelkom die eindelike vonnis wat opgelê is teen ’n polisielid van Tweeling in die Mafube-plaaslike munisipaliteit wat in 2021 gevang en deur ‘n privaat sekuriteit maatskappy in hegtenis geneem is vir veediefstal.

Adjudant-offisier MJ Mokoena, wat intussen uit sy pos as bevelvoerder van Tweeling se landelike veiligheidseenheid geskors is, is gister (Donderdag, 6 Maart) in die Frankfort-landdroshof tot effektief drie jaar tronkstraf gevonnis.

Veediefstal bly ’n groot probleem vir boere regoor die land en daar word al hoe meer staat gemaak op private veiligheidsdienste.

Dit is onaanvaarbaar dat ’n polisielid, wie se taak dit juis moet wees om veediefstal te beveg, self skuldig is daaraan.

Die polisie moet kennis neem dat daar wolwe in skaapklere in die diens is en dat die mense wat die publiek moet beskerm, nie van hulle kan steel nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.