fbpx
Vryheidsfront Plus

Frankfort-krag: Hofsaak misluk omdat munisipaliteit nie deelneem nie

In 'n verwikkeling wat gewone mense kan laat moed verloor dat beurtkrag deur gemeenskapaksie verlig kan word, het die hof 'n aansoek teen Eskom van die hand gewys.

Frankfort, hoofdorp in die Mafube-plaaslike munisipaliteit, het tot dusver verligting gehad, sover dit beurtkrag betref.

Die private maatskappy, FS Rural Developments, het per ooreenkoms beheer oor die munisipale netwerk uitgeoefen. Met behulp van 'n sonplaas buite die dorp, wat aan plaaslike mense en ondernemings behoort, kon beurtkrag bedags grootliks voorkom word.

Eskom het egter kennis gegee dat dié kragverskaffer, wat 'n permanente opwekkingstekort beleef, beheer van die munisipale netwerk gaan oorneem.

Dit is wat die hofaansoek probeer voorkom het.

Regter Eben Molahleni van die hooggeregshof in Johannesburg het die saak van die hand gewys. Hy het egter nie die meriete van die saak oorweeg nie. Hofstukke het die Mafube-plaaslike munisipaliteit as derde applikant aangedui, maar geen dokument is gelewer om dit te bevestig nie.

Gemeenskappe wat projekte wil aanpak om kragvoorsiening en -verspreiding self te behartig, moet nie uit hierdie uitspraak verstaan dat dit onwettig is nie. Wat hulle wel moet begryp, is die noodsaak om aan alle regs- en tegniese vereistes te voldoen.

Die VF Plus se meelewing is met gewone inwoners wat soos dikwels die spit weens swak regering afbyt.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.