fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng-regering kap Krugersdorp-raad vir versorging van bejaardes se hande af

Bejaardes in Krugersdorp wat nie in staat is om na hulself om te sien nie, staar verdere verarming en ontberings in die gesig nadat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling befondsing aan die Krugersdorp-raad vir die versorging van bejaardes (KCCA) gestaak het.

Luidens ‘n skrywe is die raad se dienste nie in lyn met die prioriteite van die departement nie.

Dié nie-regeringsorganisasie het maandeliks 4 000 etes aan 200 bejaardes verskaf. Dit is bejaardes wat dit nie kan bekostig om in ‘n tehuis vir bejaardes te woon nie.

Baie van die bejaardes woon alleen en is afhanklik van ‘n staatspensioen.

Die Krugersdorp-raad is nou afhanklik van skenkings uit die gemeenskap om voort te gaan met die groot taak.

‘n Verdere 32 nie-regeringsorganisasies aan die Wes-Rand se aansoeke om subsidies is ook afgekeur.

Die VF Plus is gekant teen die departement se skielike beëindiging of vermindering van fondse vir die 2023/24-finansiële jaar aan nie-regeringsorganisasies sonder behoorlike samesprekings.

Die besnoeiing van fondse volg na die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, besluit het om die departement van maatskaplike ontwikkeling en die departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewing saam te voeg.

Volgens die departement sal daar nou gefokus word op dwelmmisbruik, vermindering van haweloosheid en armoede deur versnelde vaardigheidsontwikkeling.

Die VF Plus is nie gekant teen hierdie doelwitte nie, maar om in die proses die mees weerlose hulpbehoewendes te versaak, is onaanvaarbaar.

Die VF Plus het reeds ‘n brief aan die premier gerig waarin hy gevra word om sy ondeurdagte besluit te verduidelik.

Die party sal ook tydens ‘n vraag- en antwoordsessie vrae aan die premier rig in die verband.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.