Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Fonds vir spazawinkels laat rooi ligte flikker

Die VF Plus is bekommerd oor die departement van kleinsakeontwikkeling se befondsingsplan vir spazawinkels.

Volgens dié plan gaan ‘n spazawinkel verplig word om alle voorraad by ‘n enkele staatsgekeurde “verspreidingsvennoot” aan te koop, met die veronderstelling dat dit tot kostebesparings sal lei.

Aan die een kant kan dit mededingendheid in die waardeketting ondermyn en lei tot grootskaalse bedrog.

Dit is die gevolgtrekking nadat die departement die gekose komitee vir ekonomiese ontwikkeling en handel in die nasionale raad van provinsies (NRP) oor die fonds toegelig het.

Die fonds se doel is om swart Suid-Afrikaanse sakelui in die kleinhandelsbedryf by te staan.

Die hulpfondse wat spazawinkels moet help, gaan nie aan die kleinsakeondernemings betaal word nie, maar aan die “verspreidingsvennoot”. Dit kan gesonde mededinging in die kiem smoor, gevestigde groothandelaars ernstig benadeel en tot werksverliese lei.

Selfs ‘n groter vraagteken hang oor deelname aan hierdie projek. Uit sowat tweehonderdduisend spazawinkels, het slegs bykans 3 800 aansoek gedoen om aan hierdie fonds deel te neem. Uit daardie groep het slegs 790 eienaars gekwalifiseer. Die redes hiervoor was nie uit die voorlegging duidelik nie.

Hoewel die beplande fonds dus die ekostelsel rondom mikrohandelaars sou kon ontwrig, lyk dit of deelname te beperk sal wees om ‘n noemenswaardige positiewe óf negatiewe uitwerking te hê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.