Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-werkers se oortyd moet beter bestuur word

Die elektrisiteitsdepartement van die Ekurhuleni-metro se wanbestuur van werkers se oortyd het aanleiding gegee daartoe dat inwoners van Kemptonpark verlede week langer as die verwagte beurtkragperiode sonder krag gelaat is.

Norkempark en Birchleigh was verlede week vir 17 uur sonder krag nadat ʼn transformator by die Rietfontein-substasie ná beurtkrag uitgeskop het.

Werkers se 40 uur per maand oortyd was reeds binne die eerste twee weke van die maand uitgeput en inwoners moes wag tot die volgende oggend alvorens die kragtoevoer herstel is.

Die probleem is Vrydagoggend binne ʼn uur herstel nadat werkers die oggend vir diens aangemeld het.

Die VF Plus het in ʼn brief aan die hoof van die elektriese departement, Zipo Khumalo, gevra dat oortyd van elke werker in dié departement so bestuur word dat dit nie binne die eerste twee weke van die maand uitgeput is en inwoners in die donker gelaat word nie.

Inwoners van Kemptonpark lei onder die departement se wanbestuur van oortyd wat veroorsaak dat ʼn eenvoudige krag probleem nie na-ure opgelos kan word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.