Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet DBV-toelae verhoog

Die VF Plus het ʼn pleidooi tot die Ekurhuleni-metro gerig om die toelae aan die dierebeskermingsvereniging (DBV) te hersien om meer ondersteuning te bied vir die versorging van diere.

Die metro betaal jaarliks ʼn bedrag van R5,2 miljoen aan nege DBV-kantore in Ekurhuleni wat beteken elkeen ontvang minder as R500 000 per jaar om die toenemende aantal diere te versorg.

Die bedrag het ook die afgelope jare onveranderd gebly ten spyte van die stygende koste in versorging. Die geld is nie genoeg om die werk wat daar in gemeenskappe gedoen word, te ondersteun nie. Die gevolg is dat die onderskeie verenigings op die hulp van private skenkers moet staatmaak en fondsinsamelingsprojekte moet aanpak om geld in te samel.

DBV-personeellede doen ook baie opleiding oor die versorging van diere by skole en in gemeenskappe.

Die DBV in Ekurhuleni bestee meer as R7,5 aan salarisse en lone per jaar, R1,1 miljoen aan diensterekeninge, R1,7 miljoen aan onderhoud en banklenings van voertuie en R500 000 aan die onderhoud van geboue.

Die verskillende DBV-kantore hanteer meer as 30 000 diere per jaar. Dit sluit nie plaasdiere en eksotiese diere in nie.

Die party het ook ʼn beroep op die metro gedoen om, wanneer fondse goedgekeur is, dit dadelik aan die vereniging oor te betaal. Die vereniging wag maande voordat hulle befondsing ontvang.

Die DBV speel ʼn belangrike rol in die versorging van diere en indien die metro nie hul befondsing aanpas nie, kan van die kantore sluit.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die metro plaas om elke jaar die begroting vir die DBV-befondsing aan te pas.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.