Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni kondig nuwe datums en lokale aan vir openbare deelname oor basiese kragheffing

Die VF Plus verwelkom die Ekurhuleni-metro se aankondiging van nuwe datums en meer lokale vir openbare deelname rakende die basiese kragheffing vir die 2025/26 finansiële jaar.

Hierdie vaste maandelikse heffing beloop R109.78 (sonder BTW) vir enkel-fase huishoudings en R203.89 vir drie-fase huishoudings en is bedoel om die koste van kragverspreiding en infrastruktuuronderhoud te dek — ongeag hoeveel elektrisiteit verbruik word.

Die party het druk op die metro geplaas om die openbare deelnameproses uit te brei en nie te beperk tot net enkele lokale wat moeilik bereikbaar is vir baie inwoners nie.

Wetgewing vereis ook dat alle inwoners ’n billike en redelike geleentheid moet kry om deel te neem aan sake wat hulle direk raak.

Die nuwe vergaderings sal soos volg plaasvind:

Saterdag, 11 Oktober 2025 om 11:00

Alberton: Nuwe raadskamer (Wyke 37, 38, 94, 106)
Benoni/Brakpan: Actonvillesaal (Wyke 23, 24, 27, 28, 29, 30, 31, 73, 110)
Nigel: Alraparksaal (Wyke 88, 111)

Saterdag, 18 Oktober 2025 om 11:00

Kemptonpark: Stadsaal (Wyke 13–20, 23, 25, 91, 104)
Thokoza/Katlehong 2: Pholaparksaal (Wyke 52, 53, 54, 56, 57, 58, 61, 103)
Germiston: Elsburgsaal (Wyke 21, 35, 36, 39–42, 92, 93)

Saterdag, 25 Oktober 2025 om 11:00

Springs: “Supper” saal (Wyke 72, 75, 76, 97, 105)

Die VF Plus doen ’n beroep op inwoners regoor Ekurhuleni om hierdie geleentheid ten volle te benut en hierdie sessies in groot getalle by te woon. Dit is die tyd vir gemeenskappe om hul mening en insette oor die bekostigbaarheid en billikheid van die voorgestelde tariefstruktuur te lewer.

Benewens die bywoning van die vergaderings, word inwoners ook aangemoedig om hul kommentaar aanlyn in te dien. Dit kan by die volgende skakel gedoen word: https://survey123.arcgis.com/share/3da37e6aba55485aaef74d5f107d0ff5.

Openbare deelname is nie ’n voorreg nie, maar ’n grondwetlike reg.

Die VF Plus bly verbind daartoe om te verseker dat inwoners se stemme gehoor en gerespekteer word in alle munisipale prosesse.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.