fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni: Komiteeverslae moet betyds ingedien word

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad tydens ʼn raadsvergadering versoek dat komiteevoorsitters hul komitees se onderskeie oorsigverslae betyds aan die raad moet voorlê met ingeligte voorstelle om dienslewering te verbeter.

Sowat 90% van die portefeuljekomitees se verslae is tussen 60 en 90 dae uitstaande.

Volgens die staande orde-reëls moet daar binne 60 dae na afloop van ʼn oorsigbesoek ʼn verslag voor die raad dien.

So moes die oorsigkomitee vir vervoerbeplanning, paaie en stormwater se tweede kwartaalverslag vir die 2023/24-finansiële jaar reeds in Mei vanjaar ter tafel gelê gewees het, maar dit het eers op 12 November voor die raad gedien.

Daar is toe boonop voorgestel dat die verslag slegs erken word en daar nie daaroor gedebatteer of vrae gestel word nie.

Wanneer onvolledige of laat verslae ingedien word, faal die oorsigkomitees in hul plig om verslae behoorlik te evalueer. Dit kortwiek nie net die regeringsprosesse nie, maar maak dit moeilik om die metro se onderskeie departemente verantwoordelik te hou vir swak bestuur en dienslewering.

Die VF Plus het geëis dat daar nie net kennis geneem word van items van oorsigkomitees nie, maar dat die raad die geleentheid gegun moet word om daaroor te debatteer ten einde insiggewende voorstelle te doen.

Die voorsitter van voorsitters, Julius Mdluli, het die VF Plus gelyk gegee en onderneem dat die reëls in dié verband in die toekoms streng nagekom sal word.

Raadslede van die VF Plus sal in die vervolg druk op voorsitters van oorsigkomitees plaas om streng by die reëls te hou om verslae volledig en betyds in te dien om so ʼn meer effektiewe en verantwoordbare regering te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.