fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-begrotingsrede: ANC/EFF-metroregering stel meer belang in roekelose en onbefondsde besteding as goeie dienslewering

Die VF Plus het die Ekurhuleni-metroraad se begroting vir die 2023/24-finansiële jaar verwerp. Dit is duidelik die ANC/EFF-metroregering stel meer belang in die roekelose en onbefondsde besteding van openbare fondse as in goeie dienslewering.


Die oorhoofse tema van die ANC/EFF-metroregering se begroting was een van besteding met geld wat nie bestaan nie.

Heelwat van die aangekondigde uitgawes is nuut en vorm nie deel van die begroting nie.

Verskeie projekte is daarom onbefonds en sal nie uitgevoer kan word nie. Die planne is dus net vals beloftes wat gemaak word met die oog op die verkiesing aanstaande jaar.

The FF Plus warned the ANC/EFF metro government not to deal dishonestly with public funds.

Die VF Plus het die ANC-EFF-metroregering gemaan om nie oneerlik om te gaan met openbare fondse nie. Opmerklik is dat veral onverklaarbare verhogings gemaak is in sekere begrote items, soos uitgekontrakteerde dienste van R38 miljoen, wat nie sin maak nie aangesien die ANC/EFF-metroregering vroeër aangedui het dat daar wel genoeg interne vermoë is om dienste te lewer.

Hierdie uitgawes moet verantwoord word en die VF Plus sal dit dophou sodat dit nie in die sakke van ANC en EFF beland nie.

Daarby is die begroting vir personeel vermeerder met R35 miljoen, terwyl talle inwoners in Ekurhuleni werkloos is.

In dié geval gaan die ironie van die EFF wat sogenaamd vir die armes veg, maar wat meer byvoeg vir dié reeds het, nie die VF Plus verby nie.

Dit is teleurstellend dat daar nie enige substantiewe fokus op die groei van die metro se ekonomie was nie.

Die metro beskik oor gulde geleenthede wat in sy gebied val om eksterne beleggers te lok, soos die Aerotropolis-ontwikkeling rondom die OR Tambo-lughawe.

Tog staan die ontwikkeling doodstil en dit blyk nie dat enige nuwe belegging daarheen vloei nie terwyl die metro blykbaar ʼn obsessie het om ʼn universiteit teen hoë koste op te rig. Die fondse hiervoor kom van die nasionale departement van hoër onderwys.

Daar word graag deur die ANC/EFF gespog dat hulle baie gratis dienste aan armes lewer. Tog kan hulle nie eens die administrasie-stelsel wat die dienste moet moontlik maak, behoorlik bestuur nie.

Dit is bykans ʼn onmoontlike taak vir enige behoeftige persoon om vir die dienste te registreer.

Die enigste goeie inisiatiewe wat tans bestaan, het die metro van die vorige multiparty-koalisieregering, waarvan die VF Plus deel was, geërf.

Die ANC/EFF-metro-regering het ook die vorige multiparty-koalisieregering se begroting grootliks nagevolg.

Die potensiaal daarvan is egter vernietig deur die verskuiwing van fondse na afdelings wat nie sin maak nie, die aankondiging van projekte wat onbefonds is en die gebruik van die begroting as ʼn verkiesing-instrument.

Die enigste oplossing vir dienslewering is om weer ʼn koalisieregering waarin die VF Plus dien, in beheer te kry.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.