Amptenare van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit wat nie vandeesmaand ‘n salaris ontvang het nie, hardloop sedert verlede Vrydag in die strate van Vanderbijlpark rond, breek deure af, rand mense aan en stig brande.
Geen salarisse vir Mei kon betaal word nie nadat Randwater en Eskom beslag gelê het op Emfuleni se bankrekenings.
In April het Eskom en Randwater gesamentlik besluit om die beslaglegging op die rekeninge te lig sodat salarisse betaal kon word.
Verlede week kon geen ooreenkoms met Randwater en Eskom bereik word nie en die rekeninge het gevries gebly.
Eskom het aangedui hy is bereid om sy beslaglegging te lig indien Emfuleni sy agterstallige skuld van R380 miljoen betaal.
Die munisipaliteit kan geen dienste lewer nie en kontrakteurs het aangedui dat hulle nie verder aan projekte gaan werk nie.
Die VF Plus veroordeel nie net die swak bestuur van Emfuleni nie, maar ook werkersvakbonde soos Samwu en Imatu wat die verwoesting aanhits.
Die munisipale bestuurder, April Ntuli, is deur die betogers aangerand terwyl die VF Plus-raadslid, Gerda Senekal, gedreig is om nie foto’s en video’s te neem nie.
Die omstandighede in Emfuleni kan nie so voortduur nie.
Emfuleni se inwoners verdien beter as die ANC se wanbestuur.