fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-aansuiweringsbegroting: Groot stap om Ekurhuleni op die pad van vooruitgang te plaas

Die koalisie-regering van die Ekurhuleni-metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het met die aanvaarding van die metro se aansuiweringsbegroting ‘n groot stap geneem om die vernietigingswerk van die ANC ongedaan te maak en die metro op die pad van vooruitgang te plaas.

In die aansuiweringsbegroting is ‘n addisionele bedrag van R234 miljoen begroot om kragverskaffing aan inwoners en sakeondernemings te stabiliseer.

R11 miljoen is ook bewillig vir die rehabilitasie van sinkgate.

Die Ekurhuleni-metro gaan al vir jare gebuk onder gereelde kragonderbrekings weens verouderde infrastruktuur wat selde onderhou is.

Kemptonpark is veral die afgelope maande gereeld deur kragonderbrekings geraak.

Die metro se “Back to Basic’-beleid gaan munisipale departemente dwing om hul finansies doelgerig te bestuur en dienslewering te bevorder.

Die VF Plus sien uit daarna om as koalisie-vennoot Ekurhuleni te ontwikkel in ‘n gebied wat weer beleggings lok en bestaande sakeondernemings aanmoedig om uit te brei tot die ekonomiese voordeel van al sy inwoners.

Navrae: 060 780 7881

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.