fbpx
Vryheidsfront Plus

Druk van VF Plus dwing Emfuleni om raadsbesluit oor onderhoud en opgradering van kraginfrastruktuur na te kom

Volgehoue druk van die VF Plus het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) gedwing om ‘n raadsbesluit van 2019 te eerbiedig en R174 miljoen aan die opgradering en instandhouding van die kragnetwerk te bestee.

Die VF Plus het in 2019 die munisipaliteit gedwing om ‘n verpligte klousule in die Nersa-verspreidingskontrak, dat 6% van kragverkope aangewend moet word vir die instandhouding en opgradering van die kragnetwerk, ‘n raadsbesluit te maak.

Die munisipaliteit het weens wanadministrasie die raadsbesluit vir twee jaar verontagsaam, maar die VF Plus het aangehou druk op die munisipaliteit plaas.

Die raad het uiteindelik bes gegee en R174 miljoen uit die 2020/21-begroting bewillig vir die doeleindes.

‘n Totaal van R20 miljoen sal in die volgende ses maande aan die opgradering van die kragsubstasie in Curie Boulevard bestee word. Byna die helfte van Vanderbijlpark is afhanklik van dié substasie.

Die substasie is in 2019 in ‘n brand beskadig en die munisipaliteit het nie genoeg geld gehad om dit te herstel nie.

Die VF Plus het daarop ‘n bedrag van R270 000 ingesamel om die dak van die substasie te herstel.

Vanderbijlpark was die afgelope drie jaar vir 372 dae sonder elektrisiteit weens foutiewe kragkabels, substasies wat aan die brand slaan en kabeldiefstal.

Die VF Plus sal sy druk op Emfuleni volhou om die dienste te lewer waarvoor belastingbetalers ten duurste betaal.

Navrae: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.