Die Provinsiale Aanwasbegroting wat vandag in die Vrystaatse Wetgewer ter tafel gelê is, is duidend op die droewige finansiële stand van die Vrystaat en Suid-Afrika.
Die feit dat ‘n verdere R36,5 miljoen deur die aanwasbegroting aan die departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning toegeken is vir die Macufe 2014-kunstefees wat reeds plaasgevind het, is bewys dat die regering nie ernstig is om die finansiële krisis om te draai nie.
Die LUR vir Finansies het geopenbaar dat die Vrystaatse departemente baie meer geld nodig het en aangevra het om die nodige dienste te lewer, as wat voor begroot is .
Suid-Afrika ervaar tans ‘n fiskale tekort en as gevolg van verkwistende uitgawes en ‘n afname in inkomste het dit die huidige finansiële krisis tot gevolg.
Gesonde finansiële bestuur en die nodige politieke wilskrag is nodig om hierdie droewige situasie om te keer. ‘n Klimaat wat beleggings en werkskepping aanmoedig, is nodig. Die ANC-regering het egter bewys dat hulle nie hiertoe in staat is nie.
Die uitgawes word al hoe groter, terwyl die beskikbare “koek” al hoe kleiner word. Die koste beperkingsmaatreëls wat deur die LUR aangekondig is, is te min, te laat.
082 674 6670