Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dringende hulp benodig by San Michele-tehuis in Brakpan

Die VF Plus vra dat inwoners en ondernemings die San Michele-tehuis vir gestremdes in Withok, Brakpan, bystaan nadat dié tehuis se 450 000 liter-watertenk die afgelope naweek gebars het.

Dit het daartoe gelei dat dié tehuis sonder voldoende watervoorraad sit.

Die tehuis sien om na die kwesbaarste lede van die gemeenskap en kort dringend skoon drinkwater asook gryswater vir higiëniese- en skoonmaakdoeleindes.

Hoewel die VF Plus en talle inwoners ingespring het om duisende liter water aan te ry, word nog hulp dringend benodig.

Plaaslike ondernemings, kerke en inwoners word gevra om gebottelde of grootmaat skoon drinkwater te skenk.

Gryswater, wat geskik is vir skoonmaakdoeleindes, kan ook geskenk word.

Watertenks van 10 000 liter of groter, wat maatskappye of individue aan San Michele kan leen of skenk, sal verwelkom word.

Die VF Plus doen verder ‘n beroep op loodgieters- of ingenieursmaatskappye om te help met die herstel van die beskadigde watertenk.

Donateurs kan water of watertenks by die San Michele-tehuis by Hannes Visagiestraat 226, Withok, aflaai. Daar is ook ‘n versamelpunt by Gloucesterstraat 25, Dalview.

In tye soos dié moet Brakpan saamstaan aangesien elke druppel water en elke bietjie ondersteuning ‘n verskil kan maak vir die inwoners van die San Michele-tehuis.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.