Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dr. Kenneth Kaunda-munisipaliteit se begroting onregmatig aanvaar

Die begroting van die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit wat in Klerksdorp gesetel is en die Tlokwe-, Matlosana- en Maquaissi Hills-plaaslike munisipaliteite insluit, se mediumtermynbegroting vir die tydperk 2017-2020 is onregmatig en strydig met die Grondwet en ander toepaslike wetgewing deur die ANC-beheerde munisipale raad goedgekeur, sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes en hoofsweep van die VF Plus-koukus in die raad.

Die speaker van die munisipaliteit het na aanleiding van 'n skrywe van die VF Plus die oorsig erken en ‘n spesiale raadsvergadering is belê om die begroting weer ter tafel te lê.

Groenewald het die belangrikheid van die nakoming van voorgeskrewe wetgewing benadruk en weereens onderneem om ten alle tye en in alle sfere van regering verantwoordbaarheid en die afdwinging van wetgewing te vereis.

Volgens Groenewald het die raad strydig met artikel 160(3) van die Grondwet, wat bepaal dat ‘n begroting met ‘n volstrekte meerderheid van raadslede goedgekeur moet word, opgetree. Gedurende die raadsvergadering het 20 raadslede vir die begroting en 15 daarteen gestem. Die raad bestaan egter uit 40 lede en kan die begroting slegs met ‘n minimum van 21 stemme aanvaar word.

Die VF Plus se skrywe aan die speaker en die hoofsweep van die raad het hulle aandag gevestig op die oorsig en oortreding van die wetlike voorskrifte en het na die grondwetlike artikel, artikel 30(2) van die Munisipale Strukturewet, sowel as artikels 25 en 26 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur verwys.

“Beide die wette bepaal dat die begroting met ‘n meerderheid stemme van die raadslede goedgekeur moet word. Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur bepaal ook die gevolge indien die begroting nie binne die voorgeskrewe tydsraamwerk goedgekeur is nie, sowel as die gevolge met betrekking tot die spandering van munisipale fondse sonder ‘n goedgekeurde begroting.

“Hierdie gevolge sluit onder andere die ontbinding van die raad in, sowel as die verhaling van geld wat spandeer is van die verantwoordelike persone,” het Groenewald gesê.

 

 

Kontakbesonderhede: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.