Die Vryheidsfront Plus het met skok kennis geneem van die skielike heengaan van minister Collins Chabane.
Ek het vir vyf jaar lank as adjunk-minister hom in kabinetsverband leer ken. Hy was ‘n aangename persoon met ‘n besonderse sin vir humor en lief vir musiek soos die CD’s wat hy gemaak het, getuig.
Hy het ‘n belangrike regeringsbydrae gemaak deurdat hy ‘n evaluasiestelsel in die kabinet help vestig het waardeur ministers en departemente van tyd tot tyd gemeet kon word of hulle hulle doelwitte bereik. Hoewel dit nie altyd geslaag het nie, was dit ‘n ernstige poging van sy kant om die regering meer doeltreffend te maak.
Die Vryheidsfront Plus wil die hoop uitspreek dat die wyse waarop hy dood is as gevolg van ‘n vragmotor wat ‘n U-draai op die N1 gemaak het, dit daartoe sal lei dat daar ernstig na die roekelose bestuur van sommige vragmotors, veral in die nag, gekyk sal word.
Ek dra hiermee die simpatie van die VF Plus oor aan sy familie.
Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670