Werksaamhede by die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het vanoggend tot stilstand gekom nadat die plaaslike balju ingevolge ‘n hooggeregshofbevel alle losstaande bates van die munisipaliteit verwyder het weens ‘n agterstallige Eskom-rekening.
Die VF Plus is besig om ‘n omvattende plan saam te stel wat die munisipaliteit in staat sal stel om sy verpligtinge teenoor debiteure na te kom.
Dit is dringend noodsaaklik aangesien die balju selfs die vloot van 45 diensleweringvoertuie wat in samewerking met nasionale tesourie in Oktober verlede jaar aangekoop is, verwyder het.
Volgens die afbetalingsooreenkoms moet die Emfuleni-munisipaliteit vandag R220 miljoen aan Eskom betaal om ‘n gedeelte van die uitstaande skuld van R2,2 miljard te vereffen.
Die balju se beslaglegging op alle voertuie, meubels en rekenaars beteken dat Emfuleni nie in staat is om basiese dienste aan inwoners te lewer nie.
Kontaknommer: 076 616 2124