fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Debat in parlement: Genetiese ingenieurswese en biotegnologie ver van voordelig vir almal

Genetiese ingenieurswese en biotegnologie is ver van die neutrale strewe na kennis en die grootse gemeenskaplike voordeel wat ‘n mens sou hoop dit moet wees.

Aan die een kant is die finansiële belang van multinasionale maatskappye. Dié instansies sal beslis voordeel trek uit die beheer oor alle landbou-insette – insluitend saad en chemikalieë . Hierdie produkte word deur produsente gebruik omdat dit tasbare voordele inhou.

Nietemin is genoemde tegnologieë 'n metode waarop maatskappye, wat in die finale instansie aan hul aandeelhouers verantwoordbaar is, beheer oor voedselproduksie kan kry.

Aan die ander kant het sekere teenstanders teen hierdie tegnologieë al so dikwels van pseudowetenskap gebruik gemaak, dat dit wetenskaplike gesprek bemoeilik.

Die regering as instelling is veronderstel om die beskermer van die openbare belang te wees. Dit behels onder meer om die belange van private – en korporatiewe burgers te balanseer en alle burgers teen internasionale belange te beskerm.

Deelname aan internasionale entiteite, soos die Internasionale Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie, is derhalwe noodsaaklik.

Daarom steun die VF Plus die vestiging van 'n ooreenkoms tussen Suid-Afrika en hierdie sentrum om 'n komponent daarvan in Suid-Afrika te vestig.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.