Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dienslewering in Ekurhuleni moet vinniger geskied, nie stadiger

Die VF Plus het tydens ʼn raadsitting van die Ekurhuleni-metroraad daarop aangedring dat dienslewering in die metro vinniger moet geskied en nie stadiger soos deur die nuwe voorgestelde omkeertye bepaal nie.

Die party het geweier om die nuwe omkeertye wat die metro wil instel vir die oplos van diensleweringsprobleme te steun en daarop aangedring dat dit verwys word na die metro se onderskeie komitees om daarmee te handel.

Die voorgestelde tydlyn om ondersoek in te stel ná ʼn sinkgat gevorm het en aangemeld is, is verander na 30 dae. Sinkgate is uiters gevaarlik en kan lei tot beserings, skadevergoedingseise en lewensverlies.

Van die ander tydlyne wat die metro wil aanpas vanaf aanmelding tot ondersoek is die onder meer die volgende:

• Waterlekkasies van een dag na twee dae.
• Onwettige wateraansluitings van een dag na vyf dae.
• Foutiewe kragmeters van vyf dae na 15 dae.
• Kragmeters waaraan moontlik gepeuter is van een dag na 15 dae.
• Herstelwerk aan ʼn kragonderbreking by ʼn woning van een dag na sewe dae.

Volgens die metro het amptenare ook tien dae om op rusverstoringsklagtes te reageer en nie meer dadelik soos tans voorgeskryf nie.

Op die VF Plus se aandrang sal die onderskeie oorsigkomitees nou die geleentheid gegun word om die voorgestelde omkeertye van alle diensleweringstandaarde te oorweeg en kommentaar daarop te lewer.

Die party verstaan dat die metro ʼn tekort aan personeel en toerusting ondervind, maar inwoners betaal immers vir dienslewering en daarom kan die metro nie sloer om probleme op te los nie.

Die VF Plus sal aanhou veg vir inwoners se reg op ordentlike en doeltreffende dienslewering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.