Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Slegs gesondheidsinspekteurs van Tshwane-metro mag inspeksies doen

Slegs inspekteurs van die Tshwane-metro se departement van gesondheid mag informele straatverkopers en spaza-winkels inspekteer om toe te sien dat hulle voldoen aan die wetlike vereistes ten opsigte van voedselhantering en -verkope.

Hierdie inspekteurs moet voldoen aan vereistes en kwalifikasies om die werk te verrig.

Die waarskuwing volg nadat mense vandeesweek informele nedersettings besoek het sonder om die regte prosedures te volg.

Verskeie gevalle van voedselvergiftiging is aangemeld van skoolkinders wat onder meer koekies by straatsmouse gekoop het.

Ongekoรถrdineerde besoeke deur mense wat nie deur die departement van gesondheid aangestel is nie, kan verwarring onder beide formele en informele ondernemings en straatsmouse veroorsaak.

Alvorens inspeksies uitgevoer word, moet die Tshwane-metro ล‰ operasionele plan saamstel om alle belanghebbende departemente by die operasie te betrek.

Die metro se gesondheidsdienste het reeds ล‰ strategiese plan saamgestel om hoรซ risiko-gebiede in al die sewe streke in die metro op ล‰ meer gereelde grondslag te besoek.

Voedselhantering en verwerking is onderhewig aan baie streng wetgewing wat deel is van die verantwoordelikheid van omgewings-gesondheidsinspekteurs.

Dit is om seker te maak beide die formele- en informele handelaars voldoen aan gesondheidswetgewing.

Niemand mag kos berg, vervoer, uitstal, voorberei of verkoop tensy hulle in besit is van ล‰ sertifikaat dat aan al die gesondheidstandaarde voldoen is nie. Die sertifikaat moet duidelik vertoon word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.