fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom Sweedse afvaardiging in Potchefstroom

Die VF Plus in die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) het Woensdag ʼn Sweedse afvaardiging van munisipale raadslede in Potchefstroom by die party se kantoor ontvang.

Die afvaardiging is afkomstig van die stad Växjö in Swede. Hulle besoek aan Potchefstroom is deel van ʼn Sweeds-befondsde program van samewerking tussen die JB Marks en Växjö-munisipaliteite.

Die program het dit onder meer ten doel om “demokratiese waardes te bevorder” en “plaaslike regering deur doeltreffende koalisie-werk te verbeter”.

Hierdie werksverhouding tussen die munisipaliteite bestaan reeds sedert 2005.

Die VF Plus het tydens die geleentheid ʼn voorlegging gedoen aan die afvaardiging oor die party se beleid, waardestelsel en rol in onder meer koalisies in Suid-Afrika.

Uitdagings wat Suid-Afrikaners in ANC-beheerde munisipaliteite soos JB Marks moet trotseer, is ook belig.

Die afvaardiging het met kommer kennis geneem van die vlakke van korrupsie en waarneembare verval in dorpe soos Potchefstroom en Ventersdorp.

Kwessies soos die erodering van minderheidsregte in onder meer onderwys en die gebrek aan kulturele erkenning is ook behandel.

Die afvaardiging se lede het hul skok uitgespreek oor die verwaarlosing en vernietiging van onvervangbare kultuurskatte onder ANC-beheerde munisipaliteite.

Die abnormaal hoë vlakke van geweldsmisdaad in die land, en in besonder die brutaliteit wat met plaasmoorde gepaard gaan, is ook met skok en ongeloof begroet.

Die VF Plus het daarop klem gelê dat plaaslike gemeenskappe toenemend konstruktief betrokke raak by veiligheidsstrukture en só met sukses hul eiendom en lewe beskerm in die afwesigheid van doeltreffende polisiëring.

Hierdie skakeling met die Sweedse afvaardiging was ʼn waardevolle geleentheid om Suid-Afrika se realiteite ongefilter onder invloedryke lede van verskillende politieke partye in Swede se aandag te bring.

Die VF Plus sal voortgaan om op alle moontlike forums, plaaslik en internasionaal, die regte en belange van Suid-Afrikaanse minderhede te bevorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.