fbpx
Vryheidsfront Plus

Die besluit van OBK-raad om die belegging in Ayo Technologies te ondersoek, is bemoedigend

Dit blyk dat die raad van die Onafhanklike Beleggingskorporasie (OBK) eindelik sy oorsigrol ernstig begin opneem om te sorg dat die OBK verantwoordelike beleggings maak soos blyk uit ‘n besluit om ‘n verdagte belegging by Ayo, ‘n Iqbal Surve-maatskappy, te ondersoek.

Die belegging wat die OBK in Desember 2017 goedgekeur het deur middel van ‘n OBK-beleggingskomitee, gaan nou ondersoek en dalk hersien word.

Die VF Plus het ook parlementêre vrae oor die aard van die transaksie aan die minister van finansies gevra.

Die belegging in Ayo was in vreemde omstandighede gedurende Desember 2017 gedoen op grond van ‘n waardasie wat nie rekeningkundig sin maak nie. Daar is dus tekens dat die belegging goedgekeur kon gewees het omdat Iqbal Surve ‘n gekonnekteerde ou kliënt is en nie omdat die belegging sin gemaak het nie.

Dit is tyd dat die OBK omsigtig omgaan met alle beleggingsfondse ongeag die grootte van die transaksie aangesien elke druppel wat uit die emmer lek, uiteindelik die emmer kan leegmaak.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.