fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC gebruik JB Marks-begroting (Potchefstroom, Ventersdorp) as politieke voertuig

Dit wil voorkom asof die ANC die begroting van die JB Marks-munisipaliteit bloot as politieke voertuig gebruik om steun te werf. Ten spyte daarvan dat die munisipaliteit se finansiële koffers leeg raak, word daar steeds bo-gemiddelde pryse vir items en dienste betaal.

Daar flikker veral rooi ligte om die geïntegreerde ontwikkelingsplan met die Vyfhoek- en N14-ontwikkeling as prioriteite.

Die VF Plus is van mening dat partye wat dié ontwikkelings-plan steun, daartoe bydra dat finansies nie noodwendig op die regte wyse bestee word nie aangesien slegs gekeurde SEB-kontrakteurs hierdie ontwikkelings behartig en dienslewering swak is.

Dienstegelde word vanuit die dorp, wat die hoofbron van dienstegeld-inkomste is, herlei om verdere ontwikkelings te finansier, eerder as om dit aan te wend om bestaande infrastruktuur in stand te hou en te verbeter.

Deur die fokus op nuwe ontwikkelings te plaas, word beloftes aan geselekteerde kiesers gemaak en reeds-betalende inwoners se belange word agterweë gelaat.

Ongekende fokus word op die registrasie van hulpbehoewendes geplaas wat bykomende druk op die munisipaliteit se finansies plaas. Die munisipaliteit word ook nie ten volle gesubsidieer deur nasionale tesourie soos daar geglo word nie.

Almal het wel die reg op basiese dienste soos water en elektrisiteit, maar getroue belastingbetalers kan nie meer nie-betalende verbruikers subsidieer nie en dit plaas groot druk op die ekonomie van die JB Marks-munisipaliteit.

Die VF Plus het nie die begroting en ontwikkelingsplan gesteun nie en sal aanhou baklei teen die vermorsing en onregverdige behandeling van getroue belastingbetalers.

 

Kontaknommers: 079 885 1135 / 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.