fbpx
Vryheidsfront Plus

Adjunk-president gee toe dat meer grondgrype plaasvind as wat aanvaarbaar is

Adjunk-president David Mabuza het vandag op ‘n vraag van die VF Plus in die nasionale raad van provisies bevestig dat daar toenemend meer grondgrype plaasvind as wat aanvaarbaar is.

Hy het gesê die regering het verskillende inisiatiewe om grond aan mense te gee, maar dat voorgeskrewe prosedures gevolg moet word. In gevalle waar grondgrype wel plaasvind, moet die regsroete gevolg word om die situasie te beredder.

Adj.-pres. Mabuza het gesê die vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid het opnuut die regering se aandag op die kwessie van grondgrype gevestig. Hy het bevestig dat daar grond in Noordwes geïdentifiseer is vir die ontwikkeling van behuising vir grondgrypers.

Die antwoorde het gevolg op vrae van die VF Plus oor watter stappe die adj.-pres. gedoen het om die aanhoudende aanhitsing tot grondgrype te verhinder wat plaasvind tot nadeel van sosiale samehorigheid en landelike ekonomiese ontwikkeling.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op de regering te plaas om te keer dat grondgrypery in Suid-Afrika in ‘n Zimbabwe-situasie ontaard.

Kontaknommer: 079 885 1135

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.