fbpx
Vryheidsfront Plus

Deklarasie in parlement: Beter grensbeheer is welkom, maar tydsberekening weens ekonomie nie reg vir implementering

Die VF Plus waardeer die Wysigingswetsontwerp op Grensbestuur as ‘n meganisme om Suid-Afrika se weerlose grense te beveilig, veral met betrekking tot die beheer van onwettige toegang van mense, onwettige en gesteelde goedere, dwelms en mensehandel – veral van vroue en kinders.

Die VF Plus is bekommerd oor die feit dat die wetsontwerp nie die kern van die departement van binnelandse sake se werksaamhede is nie, maar eerder die van die polisie en die inkomstediens (SAID).

Dit hang nou van die minister (Aaron Motsoaledi) en sy administrasie af om die wetsontwerp te implementeer en om ‘n manier te vind om nie die SAID se rol as die invorderaar van doeane-inkomste uit te rangeer nie, maar om grensbeheer te koördineer oor verskeie regeringsdepartemente.

Een van die grootste uitdagings is die finansiering van al die verskeie grensbeheer-funksies onder een entiteit op só ‘n wyse dat dit meer betroubaar is as toe die departement nie vertrou kon word om geboortesertifikate op tyd te verskaf nie.

Dit is ‘n duur oefening vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wat in ‘n tegniese resessie is. Tyd mag dalk teen die effektiewe implementering van die wetsontwerp wees.

Kontaknommer: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.