fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat in die parlement: Openbare Oudit-wysigingswetsontwerp – Wysigings aan Openbare Ouditwet gaan verantwoordbaarheid meebring

Die voorgestelde wysigings aan die Openbare Ouditwet gaan help om oneerlike en korrupte staatsamptenare verantwoordbaar te hou. Tot nou was ‘n gebrek aan verantwoording ‘n groot rede vir die bedrog, korrupsie en wanbesteding by staatsinstellings.

Een van die belangrike wysigings is die definisie oor wat grondige onreëlmatighede behels. Die definisie bepaal dit is enige nie-nakoming van ‘n wet, die oortreding daarvan, bedrog, diefstal of die versuim om ‘n regsplig uit te voer wat kan lei tot geldelike verlies, die verlies aan hulpbronne, skade aan openbare instellings of skade vir die groter publiek.

Hierdie definisie kan inderdaad gebruik word om te definieer wat in die meeste van die land se munisipaliteite skeefloop. Die wysigingswetsontwerp is daarom ‘n stap in die regte rigting om finansiële wanbestuur te bestry.

Indien die Munisipale- en Openbare Finansiële Bestuurswet (MFMA en PFMA) na behore uitgevoer is, sou hierdie wysigings nogtans nie nodig gewees het nie. Die politieke wil ontbreek egter en nou word hierdie las om teen oortreders op te tree, onnodiglik op die Ouditeur-Generaal (OG) geplaas.

Artikel 32(7) van die MFMA bepaal dat ‘n munisipale raad alle redelike stappe moet neem om seker te maak dat gevalle van onreëlmatige besteding wat moontlik misdadig kan wees, aan die polisie gerapporteer word. Dit is nie nagekom nie.

Hierdie wysigingswetsontwerp is daarom nie ‘n prestasie nie, maar eerder ‘n aanklag teen die regerende ANC wat sienderoë toegelaat het dat wette sonder enige gevolge nie uitgevoer word nie. Dit het daartoe gelei dat vrugtelose en onreëlmatige besteding en korrupsie die norm raak.

Geld gaan verlore en dienste word nie gelewer nie. Die politieke wil om gehoor te gee aan wette en dit uit te voer, ontbreek egter, en die mense van Suid-Afrika wat geregtig is op dienslewering, word in die steek gelaat.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.