fbpx
Vryheidsfront Plus

Debat in die parlement: Jeugdag – ANC-regering hou die jeug van Suid-Afrika gyselaar

Die ANC-regering laat die jeug van Suid-Afrika in die steek wat onderwys aanbetref en hou hulle sodoende gyselaar.

Meer as die helfte van al die land se mense jonger as 24 is werkloos. Die meeste graad 4-leerlinge is ongeletterd. ‘n 2016-Verslag van ‘n internasionale liggaam oor geletterdheid onder die jeug het Suid-Afrika laaste onder vyftig lande geplaas. Baie van hulle veel armer as Suid-Afrika.

Slegs 29% van studente wat in 2011 eerstejaars aan ‘n universiteit was, het eindelik hul graad behaal. Die res het misluk, hoofsaaklik weens akademiese mislukking. Die land se basiese onderwysstelsel laat die jeug in die steek.

So lank as wat basiese onderwys, en in besonder die ontwikkeling van kinders van ‘n jong ouderdom onvoldoende is en die fokus nie op moedertaalonderrig geplaas word nie, sal gratis hoër onderwys geen oplossing bied nie.

Suid-Afrika moet lesse uit die geskiedenis leer en fokus op die hede en die toekoms. Die verlede kry die skuld vir alles sonder enige fokus op die toekoms. Die jeug is nie vry nie. Die regering hou hulle deur ongeletterdheid en hul blaam van die verlede vir alle probleme gyselaar vir eie, kort termyn-politieke gewin.

Dit word gedoen deur wanbestuur, verkeerde politieke prioriteite en ‘n swak politieke wil. Die jeug, swart en wit, het ‘n bydrae om te lewer. Die regering skep deur rasgebaseerde wetgewing rassepolarisasie wat nie die potensiaal van die jeug ontgin om van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak nie.

Die regering het ‘n mond vol oor die bevordering van die jeug, maar selfs in die parlement kan gesien word hoe teen jonger parlementslede gediskrimineer word. Die tyd vir verandering het aangebreek.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.