fbpx
Vryheidsfront Plus

Covid-19 kan nie langer as verskoning gebruik word vir gesloer met polisie se landelike beveiligingsplan nie

Die minister van polisie, Bheki Cele, het in antwoord op ‘n mondelinge vraag van die VF Plus gesê die gevolge van die Covid-19-inperkingsregulasies het daartoe gelei dat daar nie vordering gemaak is met die polisie se landelike beveiligingsplan ten opsigte van die verbetering van infrastruktuur by landelike polisiekantore nie.

Die VF Plus wou onder meer van die minister weet hoe ver die proses gevorder het om die bykomende personeel aan te stel vir gespesialiseerde landelike eenhede om die veiligheidsplan ten uitvoer te bring.

Die plan maak voorsiening vir groter inklusiwiteit in beplanning en optrede, meer polisielede en voertuie, asook die daarstel van snelreaksie-eenhede.

Die mikpunt was om hierdie plan in werking te stel teen 31 Augustus vanjaar, wat die einde van vandeesmaand is.

Die VF Plus het reeds in Oktober 2019, byna ‘n jaar gelede, gewaarsku dat die landelike veiligheidsplan goed op papier lyk, maar dat dit niks sal beteken sonder uitvoering nie.

Die minister se antwoord vandag is teleurstellend. Dit is onaanvaarbaar dat daar geen vordering gemaak is met die plan nie. Die VF Plus het verlede jaar reeds daarop gewys dat vorige, soortgelyke planne misluk het omdat woorde nie in dade omskep is nie.

Die plan is juis goedgekeur omdat die beveiliging van landelike gebiede en die landbougemeenskap in die besonder ‘n prioriteit is.

Die VF Plus sal toesien dat die plan op die agenda bly. Die pandemie en die inperkingsregulasies kan nie langer as verskoning gebruik word om ook hierdie inisiatief te kelder nie.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.