Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Cele dien wysigingswet in wetende dit is ongrondwetlik

Die minister van polisie, Bheki Cele, het ʼn wysigingswetsontwerp op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) by die parlement ingedien wat reeds deur die staat se regsadviseur as ongrondwetlik bestempel is.

Die wysiging handel oor die aanstelling van Opod se uitvoerende direkteur en is daarop gemik om die minister van polisie en die kabinet die mag te gee om dié aanstelling te doen.

’n Onafhanklike regsmening wat die minister hieroor bekom het, beaam die mening van die staat se regsadviseur. ʼn Grondwethof-uitspraak het dit ook duidelik gemaak dat die aanstellingsproses onpartydig en onafhanklik moet wees.

Parlementêre voorskrifte bepaal dat wanneer wetsontwerpe by die parlement ingedien word, die staat se regsadviseur eers moet bepaal of dit wel grondwetlik is.

Dit sal terselfdertyd die bevoegdhede van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie in die aanstellingsproses wegneem.

Verskeie instellings het ook al beswaar aangeteken teen die beoogde wysiging.

Dit is daarom duidelik dat die minister sy magte wil afdwing om beheer te verkry oor Opod terwyl die idee juis is om die direktoraat se onafhanklikheid te handhaaf en te beskerm.

Min. Cele is met sy optrede besig om amptenare te intimideer en te manipuleer om ’n ongrondwetlike wetsontwerp in te dien.

Die VF Plus sal die wetsontwerp teenstaan. Die arrogansie van die minister om hom nie te steur aan regsmenings én ’n uitspraak van die Grondwethof nie, dui op die magsmisbruik van die ANC-regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.