Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Brian Molefe is weens sy dreigemente en rassisme jeens die Transnet-pensioenarisse nie geskik as LP nie

Die VF Plus maak ten sterkste beswaar teen die onetiese ontplooiing van Brian Molefe as LP nie net oor sy beweerde bande met die Guptas nie, maar ook omdat hy voorheen as uitvoerende hoof van Transnet, sukkelende Transnet-pensioenarisse beledig en gedreig het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Adv. Alberts sê die VF Plus het reeds in Mei 2014 ‘n klag hieroor by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien – een van die vele klagte teen politici in ‘n sekere invloedsfeer waarvan nooit enigiets gekom het nie.

Hy sê Molefe het die uitsprake gemaak aan die hand van die klasaksie-hofsaak van 67 000 verarmde Transnet-pensioentrekkers teen Transnet wat in Mei 2014 in Noord-Gautengse Hooggeregshof begin het.

Die eis van R79 miljard, wat dit die grootste siviele eis in Suid-Afrika se geskiedenis maak, sloer steeds.

Molefe het luidens mediaberigte toe onder meer gesê die pensioentrekkers is “begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie”.

Nadat die pensioenarisse aan ‘n optog na die Uniegebou deelgeneem het, het Molefe glo gesê: “As hulle (die pensioenarisse) die revolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net so sê”.

“Die uitlatings van Molefe teenoor mense van alle rasse wat weens die gestroopte bates van hul pensioenfondse in haglike armoede leef en wat bloot gevra het wat hulle toekom, was, en is steeds onaanvaarbaar.

“In sy tyd by Transnet het Molefe niks gedoen om die situasie te herstel en ‘n beter lewe vir die mense te help beding nie. Trouens, onder sy toesig is nog persone in Transnet aangestel met noue bande met die Gupta-familie, soos Stanley Shane (toenmalige voorsitter van Transnet se verkrygings- en verkopekomitee).

“Daar word gereken dat Molefe ten minste in die onmiddellike toekoms die adjunkminister van finansies gaan word wat in effek gaan beteken dat hy die voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gaan wees en dus sal kan beïnvloed waar die kapitaal van die OBK belê kan word. Weereens gaan wolf skaapwagter gemaak word.

“Gegewe Molefe se agtergrond in die Transnet-pensioensaga, sy uitsprake teenoor pensioenarisse en sy Gupta-verbintenisse soos vermeld in die OB-verslag, maak die VF Plus ten sterkste beswaar teen sy teenwoordigheid in parlement as LP,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.